Welkom By Boekblom
Welkom by Boekblom
By Boekblom glo ons dat elke kind die reg het om met selfvertroue te leer en te groei. Ons fokus daarop om praktiese, eenvoudige en effektiewe leerhulpmiddels te skep wat werklik ’n verskil maak in kinders se daaglikse skoollewe.
Die idee vir Boekblom het ontstaan tydens my tyd as student by Akademia, waar ek my praktiese onderwysopleiding by verskeie laerskole in en om Pretoria voltooi het. Deur daardie ervaring het ek eerstehands gesien dat daar ’n groot behoefte is aan beter, meer gestruktureerde hulpmiddels om kinders te help – veral in vakke soos Afrikaans.
Dit het gelei tot die ontwikkeling van ons produkte – hulpmiddels wat ontwerp is om leer makliker, meer georganiseerd en meer effektief te maak vir beide leerders en ouers.
Ons werk nou saam met ouers en skole in Pretoria en omliggende areas om kinders te ondersteun met kwaliteit leerprodukte wat fokus op:
✔️ Organisasie
✔️ Selfstandigheid
✔️ Selfvertroue in leer
By Boekblom is ons passie eenvoudig:
Om kinders te help floreer – akademies én persoonlik